Monday, May 7, 2012

Deel 4d: Noord-Thailand, die goue driehoek

Die goue driehoek


Daar was twee vrae:
1. Hoe om outomaties kennis te kry van opdatering:
Kyk net onder die hoofopskrif van die blog is daar 'n lang ruimte met 'Submit' aan die regterkant. Vul net jou e-posadres daar in en klik op Submit.
2. Hoe om kommentaar te lewer:
Kyk reg onder elke hoofstuk is daar 'n skakel met 'n getal en Comments. Klik op Comments en dan kan jy kommentaar lewer.

 
Ek gaan net vinnig iets vertel van die dagtoere vanaf Chiang Mai, en dan vat ek jou op 'n lang sprong na die noordweste van Vietnam. Ek dink dit gaan interessanter wees om verder te gaan met wat van dag tot dag gebeur, veral ook omdat ons die volgende paar dae baie interessante en mooi dele van Vietnam gaan besoek. Ek sal later weer terugkeer en die gaping in Thailand opvul.

Die een dagtoer was na die sg goue driehoek, dit is waar Thailand, Myanmar en Laos bymekaarkom. Dit is 'n punt op die Mekongrivier wat vroe-er berug was vir die dwelmsmokkelaktiwiteite wat daar plaasgevind het. Daar het baie geld gevloei, vandaar die goue naam.

Dit was 'n lang reis - ons is die oggend 07:30 weg uit CM en was eers die aand 21:30 weer terug. Ons is oor Chiang Rai, die noordelikste groot sentrum in Thailand. Daar is baie tempels in Chiang Rai, maar daar is 'n nuwe een wat spierwit is, waar ons aangedoen het. Dit lyk omtrent soos 'n troukoek!
By die goue driehoek het ons 'n bootvaart onderneem na die bymekaarkompunt van die lande. Soos dit hier gaan is daar 'n Boeda-tempel by al hul belangrike punte:
Ons het oorgevaar na die Laos-kant van die rivier - die Mekong is 'n baie belangrike rivier, dit is die tweede langste rivier in Asi-e volgens die gids. Daar is 'n groot mark aan die Laos-kant waar 'n mens allerhande goed kon koop - tot drank met slange in om dit skop te gee. 
Daar is 'n grensdorp op die Myanmar-grens wat ook 'n groot mark het - groter, interessanter en kleurvoller as die Laos een.
Laastens het ons nog 'n draai gemaak by een van die bergstamme en hierdie ou tannie van 87 jaar oud daar raakgeloop:
 Ekskuus vir die kort en bondige berig, maar ons vertrek netnou per trein na Sapa in Noordwes Vietnam en my tyd loop uit.          

1 comment:

  1. Alles is baie mooi foto's en verslae! Ons reis te lekker saam met jou. Ons gaan nie elke keer kommentaar lewer nie, want dan moet ons snaakse woorde invul, maar ons volg jou reis met graagte! Sien uit na elke dag! Dankie vir jou moeite! Jaap en Annatjie

    ReplyDelete