Wednesday, May 23, 2012

Deel 16: Kambodja - Phnom Penh

Kambodja se hoofstad, Phnom Penh


Kambodja is 'n land wat nog die gevolge dra van die Khmer Rouge revolusie van die sewentigerjare. Drie miljoen mense is uitgemoor in daardie tyd, onder wie omtrent al die ontwikkelde mense. Dit is dus 'n vir Kambodja 'n lang proses om weer op te staan en deskundigheid gevestig te kry. 'n Mens kon ook aflei uit die opmerkings van ons uitgesproke gids dat daar nog baie bitterheid is oor die afloop van die revolusie en die subtiele beskerming wat die topfigure van die revolusie geniet omdat baie van die ou Khmer Rouge lede seniorposisies in die huidige regering beklee.

Die hoofmartelsentrum die Khmer Rouge in Phnom Penh was voorheen 'n skool gewees en dit het is bewaar min of meer soos dit was in daardie tyd, maar nou as 'n museum gewy aan die lyding van die mense wat gemartel is. Ek volstaan met 'n enkele foto daarvan. Dit is van die galg waaraan mense onderderstebo opgehang is om bekentenisse uit hulle uit te wurg.


Phnom Penh was 'n baie mooi stad in die Franse koloniale tyd en daar het 'n hele klomp van die koloniale geboue oorgebly. Dit is ook langs die Mekongrivier gele-e wat hier al 'n baie bre-e rivier geword het. In Phnom Penh vloei die Tonle Sap-rivier ook in die Mekong en die koninklike paleis (hulle het nog 'n seremoni-ele koning) is gebou by die samevloeiing van die twee riviere. Die paleiskompleks is groot en daar is mooi geboue. Hier is die troonsaal:
en hierdie is die saal waarvandaan die koning die volk per geleentheid toespreek:
Op dieselfde terrein is ook silwerpagoda, so genoem omdat sy vloer van silwerteels gemaak is. Dit bevat ook 'n boeda van soliede goud van 90 kg. Ongelukkig kan 'n mens nie foto's daarvan neem nie. Hierdie is egter die binnekant van ander pagoda om 'n idee te gee van die uitleg en versierings binnekant.
                             
In Phnom Penh is ook die nasionale museum met baie interessante versameling. Dit is deur 'n Franse argitek ontwerp en in 1920 voltooi. Dit is 'n imposante gebou en soort van 'n landmerk in die stad. Hierdie foto is uit die binnetuin van die museum geneem.

Die volgende besoekpunt was Siem Reap, waar die ou tempelkompleks van Angkor Wat is.

No comments:

Post a Comment