Thursday, May 10, 2012

Deel 10: Vietnam, Sapa

Sapa en sy ryslande 


Soos wat ek die vorige keer laat weet het, spring ek nou eers vorentoe om by die hede uit te kom. Ek dink dit gaan interessanter wees vir die lesers. Ek sal later die gate wat ek nou gelaat het, opvul. 

Ons het vanoggend vroeg per trein teruggekom van Sapa.  Sapa is redelik naby aan die noordwestelike hoek van Vietnam, 'n bergagtige gebied. Dit is baie bekend onder landskapsfotograwe weens die mooi gekontoerde ryslande teen die steil hange, maar dit is in die algemeen 'n oord waarheen baie mense ontsnap van die warm somerweer van Vietnam. Dit is 'n koel lafenis na die vogtige warmte (rondom 35 grade) van die laaglande. Die Franse het dit al ontwikkel as 'n vakansieplek. Dit is mooi gele-e teen 'n steil helling, soos jy kan sien op die foto - verskoon maar die lelike voorgrond, hier in Vietnam is 'n grootskaalse vermenging van mooi en slordig:
 
Daar is allerhande minderheidsgroepe in hierdie omgewing wat 'n lewe maak met hul handwerk wat hulle verkoop. Hulle kan nogal opdringerig en knaend wees soos hierdie lid van ons toergeselskap agtergekom het:
Van hul werk is baie mooi, soos hierdie een:

Die hoofaantrekkingskrag vir my was die ryslande. Dit was nou nie die heel beste tyd vir mooi ryslande nie omdat die lande onlangs geoes is en toe weer voorberei vir die nuwe plantseisoen. So, daar is nie baie groen lande op die oomblik nie, maar 'n mens kan wel plek-plek die plantwerk of die pasgeplante rys sien, soos in die volgende foto's:

Die heldergroen dele is die rysplantjies wat uitgeplant gaan word, en dit is werklik so helder groen - omtrent soos 'n foto waarvan die kleurversadiging te hoog gestel is.
          
 Hier is pasgeplante ryslande:
Gisteroggend vroeg het ek 'n ent teen die vallei af gestap en in die vroegoggend mistigheid was daar nogal mooi tonele, soos hier:
Nou is ons weer terug in Hanoi, maar vertrek moreoggend vroeg na Halongbaai, wat ook 'n bekende area vir landskapsfotografie is.


Ekskuus vir die bondigheid, my tyd is 'n bietjie min en ek het gedink jy sal meer belangstel in die prentjies as in my poging om iets te skryf. Laat weet in elk geval asb of die blog die moeite werd is - anders kan ek my tyd beter spandeer.




       

1 comment:

  1. ONS GENIET JOU REIS BAIE! Lekker naweek! Daar is seker nie baie kerke nie. Groete Jaap en Annatjie

    ReplyDelete