Samesprekings in Bangkok
Ek gaan nie nou veel tyd spandeer aan die eerste deel van my besoek aan Bangkok nie. Dit was 'n baie besige tyd, wat nog besiger gemaak is deurdat my rekenaar se sogenaamde superstabiele Windows 7 toe nie stabiel was nie en kop tussen die voorpote ingedruk het en nie verder wou roer nie - totdat een van die Bangkokse wizards van Pantip (die rekenaarmekka van Bangkok) Windows weer oorgelaai het - maar natuurlik moes alle programmatuur weer gelaai word. Wat 'n ontwrigting! Maar aan die positiewe kant: die koste van die herstelwerk was net R125.
Die
enigste lostyd wat ek gehad het was die Sondag. Noemenswaardig is die vreemde gevoel om in 'n
oosterse land vol van Hindoe-beelde 'n Christelike erediens te kon bywoon
in die Bangkokse Evangeliese Kerk. Baie mense daar wat die verlossende
evangelieboodskap in 'n (vir ons) anderse liturgie duidelik kon hoor en hartlik
uitsing. Dit is ook lekker om te werk vir 'n Christelike organisasie soos die
Melaatse Sendingorganisasie, en om saam met 'n klompie van hulle kerk toe te
gaan. Baie van hulle is redelik nuut in die Christelike geloof, en dit is aansteeklik om hul entoesiasme te ervaar.
Die Evangeliese Kerk van Bangkok, na die erediens
Die res
van die Sondag se rondstap langs die rivier in Bangkok gaan ek nie nou beskryf
nie maar al my indrukke van Bangkok saamvat wanneer ek heelwat later die laaste paar dae in
Bangkok gaan beskryf.

Dankie!
ReplyDelete