Wat sal my bybly van hierdie reis?
Aan die einde van so 'n lang reis is daar 'n magdom van geheueflitse wat by 'n mens opkom, maar daar is 'n klompie indrukke wat my seker lank sal bybly en ek probeer hieronder om 'n samevatting daarvan te gee. Dit is sekerlik nie 'n stabiele lys nie want kort-kort stoei daar iets tussen die magdom van indrukke om meer aandag te kry, soms na aanleiding van 'n vraag van iemand, soms by die weerkyk na 'n foto of sommer bloot as gevolg van ingewikkelde breinprosesse. Ek probeer om my huidige toplys hieronder weer te gee.
1. Die warmte
Ek het geweet dit gaan warm wees en voordat ek besluit het om na voltooiing van die werk in Chiang Mai 'n reis deur Indosjina te onderneem, het ek mooi gaan kyk na die langtermyn gemiddelde maksimumtemperature in die betrokke lande. Dit was hogerig (32 tot 35 grade) maar nie te erg nie want warmte pla my gewoonlik nie te veel nie. Wat ek nie besef het nie is dat die afgelope klompie somers baie warmer was as wat dit vroeër was, en dit het nog nie 'n invloed op die langtermyngemiddeldes gehad nie. In werklikheid was die maksimum dagtemperature vir lang tye tussen 37 en 39 grade, en dit maak 'n groot verskil. Dit was WARM en vogtig, veral in die middag na ete was dit dikwels te warm om iets te doen wat 'n bietjie inspanning vereis.
Ek moes eintlik maar twee reise hiervan gemaak het - eers die werk gaan doen het en later in die koeler tyd die toeristiese deel daarvan onderneem het. Volgens die gidse is November tot Februarie die beste tyd. Dit is ná die reenseisoen en alles is mooi groen, en die temperature is baie laer. Natuurlik is dit ook dan die toeristehoogseisoen - iets wat my gelukkig nou gespaar was.
2 Die oorweldigende teenwoordigheid van Boedisme
Boedisme is ingeweef in die lewe en denkwêreld van die mense van Suid-Oos Asië - orals is daar tempels en Boedabeelde, en baie daarvan is die vernaamste besienswaardigheid van 'n bepaalde plek. As 'n mens dan ook nog 'n gids kry wat 'n entoesiastiese boedis is, begin die tempels en beelde later by 'n mens se keel uithang. Ek het groot begrip ontwikkel vir Paulus se frustrasie met al die afgodsbeelde in Atene - in sy geval het hy darem ook 'n beeld gesien van die 'onbekende god'.
3 Die wreedheid van mense
Byna orals in die wêreld word die geskiedenis, en gevolglik die kultuur, beïnvloed deur oorloë - en oorloë gaan maar gepaard met lyding, dikwels van mense wat nie deel was van oorlog nie en nie deel wou wees nie. So is dit in die westerse wêreld, so was dit in Suid-Afrika tydens die Anglo-boereoorlog, so was dit in Suid-Oos Asië. En die probleem is ook dat 'n mens dikwels net die een kant van die storie hoor.
Met die Vietnam-oorlog destyds in die sestiger/sewentiger jare van die vorige eeu het ons in die (westerse) nuusmedia gehoor van die wreedheid van die Vietkong. Nou in Vietnam het ek die anderkant van die storie (waarskynlik ook eensydig) gehoor - van die skrikwekkende wreedheid van die Amerikaners. Hierdie wreedheid was nie net in Vietnam nie maar ook in die buurlande wat formeel nie deel van die oorlog was nie. Dit word wyd aanvaar dat Laos, wat nie formeel deelgeneem het aan die oorlog nie, per capita die mees gebombardeerde land in die geskiedenis is. (Oor 'n periode van nege jaar is ongeveer 270 miljoen trosbomme op Laos afgegooi.) 'n Redelike persentasie van die bomme het nie ontplof nie en dit maak groot gebiede van die platteland nog moeilik toeganklik. 'n Mens sien die bewys daarvan op die strate van Laos en Kambodja - bedelaars met af-bene.
'n Ander bloedige hoofstuk in die geskiedenis van Indosjina is die uitmoording van 2 of 3 miljoen mense in Kambodja - en wat die impak daarvan nog erger maak is dat dit gemik was op die ontwikkelde deel van die bevolking. Kambodja sukkel nou nog om te herstel daarvan - beide sielkundig aan die een kant, en ook om los te kom van die armoede wat veroorsaak is deur die verlies van die meeste onderwysers, vakmanne en handelaars.
Ek dink jy sal verstaan as 'n mens aan die einde van die besoek aan hierdie lande ernstig wonder oor wat verkeerd gaan in die psige van mense wat sulke oorloë/dade beplan en uitvoer. En (nominale?) Christenskap is nie 'n waarborg teen sulke gebeure nie - van die Amerikaanse beplanningsvergaderings vir die eerste bombardering van Kambodja het op 'n Sondag direk na 'n erediens plaasgevind.
Dit maak 'n mens bekommerd oor wat nog in die moderne tyd kan gebeur.

4 Die warmte tussen mede-Christene
Hoewel hulle baie ver in die minderheid is, is daar 'n beduidende aantal Christene in Thailand wat hulle godsdiens uitleef. Veral na die golf van Boedisme van Vietnam, Laos en Kambodja was dit soos 'n koel briesie om weer in 'n erediens in Bangkok te kom en die uitreiking van mede-Christene te kon ervaar.
5 Die entoesiasme van eerste generasie Christene
Ons in die gevestigde kerke kry nie gereeld genoeg met eerste-generasie Christene te doen nie. Ek het met die vergadering van die Melaatse Sendingorganisasie in Bangkok en tydens my reise met mense te doen gekry wat onlangs eers die verlossing deur Christus beleef het. Die kinderlike geloof en opgewondenheid van hierdie mense het my opgeval, iets wat baie ons 'gevestigde' Christene nie meer vertoon nie.
Dit het my laat dink aan die teregwysing van Christus in Openbaring 2: "Maar ek het dít teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie. Dink daaraan hoe ver julle al agteruitgegaan het".

6 Die nie-sosialistiese kommunistiese lande
Die amptelike landsname van beide Vietnam en Laos bevat nog die kommunistiese verwysing, soos Kommunistiese Republiek van Vietnam, ens. Dit was egter opvallend hoe min sosialisme in daardie lande bestaan.
Daar is baie min beskermende wetgewing vir werkers, want volgens die Vietnamese gids is hul redenasie dat hulle so veel as moontlik mense aan die werk wil sien eerder as om dit vir werkgewers moeilik te maak om mense in diens te neem. Die resultaat daarvan blyk uit die werkloosheidsyfer van onder die drie persent in Vietnam met 'n bevolking van ongeveer 85 miljoen. Dit gaan wel soms duidelik teen die welstand van die werkers in soos in die geval van 'n marmerslyper wat ons gesien het sonder 'n masker, en die gids nie gedink het dit is 'n probleem nie.
Sosiale versorging deur die staat is ook minimaal. Volgens die gids in Kambodja word daar nie mediese sorg deur die staat gefinansier nie en is daar ook geen staatspensioenskema nie. Daar is ook gladnie 'n ding soos behuising wat deur die staat voorsien word nie.
Interessant vir kommunistiese state, nê.

7 Die hardwerkendheid en vaardigheid van die mense van Suid-Oos Asië
Soos hierbo verduidelik is die mense in Suid-Oos Asië op hulself aangewese om 'n bestaan te maak. 'n Mens neem dit ook waar dat die mense vlytig en vindingryk is. Hulle maak fantastiese handwerk en hul weefwerk is pragtig. Weefwerk is dikwels ook 'n tuisnywerheid in klein dorpies, en kinders word van kleins af geleer om te weef. Naby Luang Prabang in Laos was daar 'n westerse meisie by 'n weefskool wat vertel het dat dit die tradisie in die platteland van Laos is dat 'n meisie moet kan weef voordat sy toegelaat word om te trou.
Die mense is ook baie vaardige verkopers, en baie mense in die stede het verkoopspunte op die sypaadjies waar hul hul ware verkoop. En natuurlik die verkopers van handwerk met hul volharding om hul produkte te verkoop is welbekend - of dalk berug. Hulle doen hul bes om jou te oortuig of moreel te verplig om 'n ding te koop.
Iets van die hardwerkendheid blyk seker ook uit die feit dat hoewel daar groot oorlogskade in daardie lande was, 'n mens niks meer daarvan kon sien in die gebiede wat ons besoek het nie.
8 Toergroep of alleen?
Dit was die eerste keer wat ek 'n uitgebreide reis met 'n toergroep onderneem het. Ek is gewoond om self dinge te beplan en self, hoofsaaklik per motor, te reis.Aan die positiewe kant kan ek sê dat 'n toergroep 'n maklike manier van reis is en dat dit gesellig is - dit is lekker om nie aand vir aand alleen te eet nie. Verder het 'n mens die voordeel van die kundigheid van die gids wat jou vergesel - en dit was kundige gidse wat ons gehad het. Die grootste potensiële voordeel, en die werklike oorweging om van 'n toergroep te gebruik, vir my was dat daar 'n rugsteun was as ek werklik 'n gesondheidskrisis in 'n afgeleë deel van die wêreld sou ervaar.
Wat ek negatief ervaar het was die isolasie van om in 'n 'ivoortoring' te wees, veral soos dit in Vietnam was. Ek glo nie ek het werklik 'n goeie geheelindruk van Vietnamese kos ontwikkel nie omdat restaurante vir toergroepe dikwels 'mak' spyskaarte gebruik wat nie maklik westerse mense sal omkrap nie. Die grootste nadeel vir my was egter dat ek moes inval by die tempo wat die gids voorskryf, en dit is moeilik as 'n mens ordentlike foto's wil neem om aan te pas by die woerts-warts tempo wat hulle dikwels volg.
En as ek weer iets soortgelyks moet onderneem? Ek dink ek sal dit maar op my eie doen. Dalk is ek bederf want hierdie keer het die Hemelse Vader my beskerm teen groot krisisse. Daarvoor is ek Hom baie dankbaar.
No comments:
Post a Comment